Foto’s: Soldate sak toe op Goudstad

Die Suid-Afrikaanse Weermag (SANW) het Vrydagoggend vroeg, ná die instelling van die 21 dae van afsondering weens die Covid-19-pandemie, landwyd begin met patrollering om wet en orde te handhaaf.

Veiligheidsmagte het kort ná middernag mense op straat gewaarsku om hul ry te kry en teen dagbreek is daar al talle mense in die Johannesburgse middestad aangekeer.

Só lyk die Goudstad nadat veiligheidsmagte daar ontplooi is:

ʼn Soldaat in ʼn straat in Johannesburg se middestad kort ná die instelling van die algehele landswye afsondering van 21 dae. Veiligheidsmagte het direk ná middernag die strate begin patrolleer. (Foto: Jerome Delay, AP)

SANW-lede op patrollie in die strate van Johannesburg se middestad. (Foto: Jerome Delay, AP)

ʼn Polisiebeampte keer ʼn man in die Johannesburgse middestad aan wat vermoedelik nie gehou het by die regulasies van die tydperk van algehele landwye afsondering nie. (Foto: Jerome Delay, AP)

Lede van die SANW en die polisie deursoek ʼn taxi nadat die bestuurder vermoedelik die beperkings van die 21 dae van afsondering oortree het. (Foto: Jerome Delay, AP)

Lede van die SANW patrolleer die strate van Johannesburg tydens die algehele landwye tydperk van afsondering. (Foto: Jerome Delay, AP)

SANW-lede in Johannesburg kort nadat die tydperk van algehele landswye afsondering Vrydagoggend in werking getree het. (Foto: Jerome Delay, AP)

Polisielede word omring deur lede van die SANW in Johannesburg. (Foto: Jerome Delay, AP)

ʼn Man wat in sy voertuig woon bekyk die veiligheidsmagte wat die strate van Johannesburg patrolleer. (foto: Jerome Delay, AP)

ʼn Polisieman waarsku oortreders in die Johannesburg middestad. (Foto: Jerome Delay, AP)

ʼn Man word gehelp nadat hy deur veiligheidsmagte verjaag is omdat hy beperkings van die 21 dae van afsondering oortree het. (Foto: Jerome Delay, AP)

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pieter ·

Nogal kwaai bewapen, hierdie magsvertoon beïndruk my nie.

Daleen ·

Pieter persoonlik dink ek dis ‘n goeie ding dat hulle so bewapen is hierdie is nie’ n speletjie nie mense se lewens is op die spel. Twyfel sterk of hulle wapens sal gebruik maar ja gee hulle darem die oorhand teen die idiote wat nie wil luister nie!

charmaine ·

DIe volk dink hulle sal nie die virus kry nie of dalk weet hulle nie wat aangaan nie?

Marius ·

Daleen – Ek stem saam met Pieter jammer om te se . Dit help nie hulle staan daar met die verskriklike wapens sonder ammo nie . Die weermag het nie die fondse om ammo aan te koop nie . As dit in die ou dae was , was dit heeltemal n ander storie gewees – daar was meer as genoeg ammo gewees .

Fedup ·

Honestly. Watse deel van lock down verstaan die mense net eenvoudig nie? Ons sit soos soet kindertjies by ons huise en die ander deel van die circus lê in die strate. Nou hoe verstaan ek dit nou?

Piet ·

Ek wonder of die SAPD en SANW se almal getoets is vir die virus? Indien nie kan hulle mos die mense aansteek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.