Foto’s: Spinnerakke verander gebied in spokerige landskap

Met die eerste oogopslag lyk dit asof sneeu die veld bedek het – maar hierdie spokerige wit landskap in Australië is die werk van miljoene spinnekoppe.

Terwyl vloedwater deur die dorp Wagga Wagga in New South Wales gestroom het, is spinnekoppe gedwing om teen bome en bosse op te klim – en hul spinnerakke te spin terwyl hulle geklim het. Die resultaat is hierdie ongelooflike panorama glinsterende kombers wat bykans alles in sig bedek. Takke is met die klewerige spinnerakke omhul, en dit lyk bykans of die lang gras met sy omhels word. Die tonele herinner aan die spinnerakke wat ná verlede jaar se vloede in Pakistan gespin is, wat die bome byna soos reuse spookasemlekkergoed laat lyk het.

Die inwoners van Wagga Wagga wat teruggekeer het ná hul ontruiming was verras om te sien hoe die velde rondom hul huise van groen na wit verander het. Terwyl die dorp se inwoners ʼn sug van verligting geslaak het dat hulle die vloede hoofsaaklik vrygespring het, was hul steeds bekommerd oor twee tienerseuns wat steeds vermis word na vloede dié gedeelte van Queensland geteister het.

Luke Andus en Solomon Love, 19, het beplan om oor die naweek van Normanton 180 myl (sowat 300 km) te reis, maar hulle het nie by hul bestemming aangekom nie. “Polisie en hul families is bekommerd oor hul veiligheid, aangesien sommige paaie onbegaanbaar is weens die plaaslike vloede,” het ʼn woordvoerder van die polisie gesê. Dosyne vragmotors en honderde motoriste is steeds gestrand ná die Bruce-hoofweg op drie plekke suid van die dorp Gympie afgesny is.

Foto’s van die spinnerakke is hier beskikbaar en klik hier om na ʼn video van die eienaardige verskynsel te kyk.

[nggallery id=32]

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.