Foto’s: Steve red vrou met baba van brandende kar

Die seuntjie wat gered is met die voertuig in die agtergrond. Foto: Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr het Saterdag ʼn vrou met ‘n baba van ʼn brandende voertuig gered nadat die voertuig in ʼn ongeluk betrokke was.

Die ongeluk het naby Orkney in Noordwes plaasgevind. Steve het kort ná die voorval op Twitter geskryf en foto’s van die brandende voertuig gelaai. Hy beskryf die ongeluk as ʼn afskuwelike toneel. Hy sê hy het die ongeluk sowat 60 meter voor hom sien plaasvind. Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor waarna dit die pad verlaat en gerol het.

“Die kind okay” en “Ek moes die ma van die kar weggetrek het voor dit ontplof het,” het hy gesê.

Paramedici het kort daarna op die toneel aangekom, die ma en kind gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

“Die ma het sleg gelyk en het diep wonde opgedoen. Die seuntjie bloei effens, maar het vasgeklou aan iemand wat op die toneel na hom omgesien het,” het Hofmeyr gesê.

Mense het Hofmeyr op sosiale media geluk gewens vir sy heldedaad waarop hy reageer het dat die ware helde twee jong manne was wat voor hom op die toneel was en eerste reageer het. “Hulle verdien beslis die lof,” het hy bygevoeg.

Die slagoffers se name is nog nie in die stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Delene Pienaar ·

Wel Gedaan Steve! Jy is die eretitel “Grootste Afrikaner van alle Tye” 110% waardig!! Jy dra jou eie Volk se belange op die hart en baklei vir ons voortbestaan, en jy het GEENSINS gehuiwer om ‘n vreemde vrou en kind wat in lewensgevaar was, te help en te red nie!! Jy is ons eietydse en moderne Genl Koos de la Rey!!

Herman Pelser ·

Het ons dalk die name van die ander Helde ook??
Steve bly ‘n Afrikaanse held, en so ook die ander Boerseuns wie gehelp het, om ‘n mede Swart Suid Afrikaner by te staan in Tyd Van Nood.
I have never met a White Afrikaner who did not jump in and assist Any South African in need.
Myself saved a black South African in Jouberton from being necklaced.
Steve reacted as any of the other Whities did, to save a mother and baby, from another race.

We Whities have always been assisting our other brothers, throughout the ages, but some big mouth babies
like to miss quote us

Trudie ·

Steve het net gedoen wat enige ander mede Suid-Afrikaner sou gedoen het. Hy het self gesê dat hy nie eintlik die held was nie, maar wel gehelp het. Hoekom nou so ‘n vreeslike bohaai oor hom maak? Hoekom het hy nie fotos van die ander twee helde geneem en dit ook geplaas nie? Eie ego?

Pieter Reyneke ·

Ek is bly dat daar nog mense is wat menslik optree in zuid-Afrika. Namens die kind en ma dink ek mag ‘n mens ‘n woord van dank aan almal rig wat gehelp het om ‘n groter tragedie te voorkom. Bly ek is ‘n Steve aanhanger.

Cecilia O'Connell Behrens ·

Aai ou Stevi ons is so trots op jou!! Sou ons land dan nie n baaaiiieeee beter plek kon gewees het as ons die grense breek…oor kleur kyk en mekaar so opreg die hand gee in die tye van nood!!

Ons vernietig mekaar op die oomblik….en dit is n doodsresep.

Mag die goeie Vader gee dat ons oor hierdie brug kan stap….

Lena Vermaak ·

Ai weet julle partymense hou daarvan om messe te steek soos nou die watt se dat waar is die ander helde se name. Dankie Teve vir wie en wat jy is. Jy bly my held en dit wys dat jy a hart het. Kom dat ons nie mekaar afbreek nie maar saam dankbaar wees vir lewens wat gered is.

Grizaan ·

Ag wat Dankie vir mense soos Steve en bokker die res van die suurgatte. Ons weet mos nou al dat alles wat Steve doen, good or bad, sal daar altyd mense wees wat hom wil hap en uitmekaar skeur. Gelukkig is Steve vir die meeste van ons SAfrikaners soos braaivleis en biltong …Trots Suid-Afrikaans.

Remi ·

Steve Hofmeyr WAS EN IS nog al die jare “n WARE STAATMAKER!!!!!!!!!!!!!!!!!!Net soos al sy der-duisende aanhangers op hom staat maak so ook kan enigiemand in LEWENS GEVAARLIKE SITUASIES op hom staat maak!!!!!!!!(as hy in die nabyheid is) STEVE HOFMEYR BEWYS NOU MAAR WEER EENS DAT SY HART OP DIE REGTE PLEK SIT ASOOK DIE TWEE ONBEKENDE MANS!!!!!!!!!!JULLE VERDIEN MEER AS “N MEDALJE!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.