Foto’s: Stortingsvragmotor-botsing eis vier jong mans

Foto's: ER24

Foto’s: ER24

Vier mans, in hul vroeë twintigs, is in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal dood nadat die voertuig, waarin hulle gery het, Woensdagaand ʼn stortingsvragmotor getref het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het Donderdag gesê die mans het in ʼn Audi-afslaandakmotor gery.

“Die ongeluk het net na die kruising van Durban- en Alexanderweg plaasgevind,” het Jackson gesê. “Die Audi is deur die kruising en die bestuurder het in Durbanweg beheer oor die voertuig verloor en teen die kant van die stortingsvragmotor gebots.”Pietermaritzburg2

Jackson het gesê die Audi het daarna omgeslaan en vir omtrent 50 meter ver gerol.

Die voertuig het uiteindelik teen ʼn bushalte tot stilstand gekom. “Die voertuig was heeltemal uitmekaar geskeur en die sagte dak is ʼn paar meter ver van die wrak af gevind. Een man was in die wrak vasgekeer terwyl die ander drie uit die voertuig geslinger is. Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Die bestuurder van die stortingsvragmotor het ná die impak beheer oor die vragmotor verloor en teen die muur van ʼn woonstelblok gebots, waarna dit teen ʼn boom tot stilstand gekom het. Die bestuurder en sy passasier is met geringe beserings na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

Die polisie ondersoek die ongeluk.Pietermaritzburg3 Pietermaritzburg4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kaspaas Breekwater ·

Seker ‘n goeie kans dat drank betrokke was. My simpatie aan die ouers.

Eben ·

Spoed … Drank …. loop nie saam en dan is die veiligheids gordels nie eers aan. Wel dan soek jy mos moeilikheid!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.