Foto’s: ‘Stroper’ onthoring samaritaan se renosterkarretjie

ʼn ‘Stroper’ van ʼn ander aard het vandeesweek op ʼn weldoener se renosterkarretjie toegeslaan, en dié van sy rooi renosterhoring beroof.

Abraham Enzo is ʼn avontuurlustige en weldoener wat 4 000km wêreldwyd met ʼn fiets aflê om fondse vir Rhinos of Africa in te samel. Hy beywer hom ook om fondse vir Rhino Orphanage in te samel.

Die 4 000km Rhino Challenge is verlede jaar op 12 Desember by die V&A Waterfront in Kaapstad van stapel gestuur, nadat hy ses maande lank gespook het om borge te kry.

“Ons het ʼn voertuig benodig om my op die 4 000km-uitdaging te vergesel. Project Eden het aan ons ʼn Smart 4 Two geborg, waarop ons ʼn groot rooi renosterhoring aangebring het. Die publiek was mal daaroor,” het Enzo gesê.

Hy sou op 1 Junie as deel van die uitdaging met spesiale toestemming op Tafelberg fietsgery het. Die rit moes egter uitgestel word weens gure weer en Enzo het uiteindelik op 5 Junie van Tafelberg se bestuur die groen lig gekry om voort te gaan.

“Ek het dieselfde aand in Kaapstad by die Kimberly-hotel oorgebly. Ons baba renosterkarretjie was buite die hotel in Rolandstraat parkeer vir die aand,” het hy gesê. “Deur die aand is ons karretjie onthoring deur ʼn stroper van Kaapstad.”

Enzo het op 6 Junie sonder die karretjie met sy uitdaging voortgegaan.

“Ons bied ‘n beloning aan vir enigiemand wat ons kan help om die horing terug te kry en om te sorg dat die dief aan die pen ry,” het hy gesê.

Enigiemand met inligting kan hom skakel by 071 303 4007.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mike ·

Daai horing gaan beslis nie werk as hulle hom fynmaal nie maar dis dalk die oplossing om meer van die horings te maak en China toe te stuur want lyk nie vir my of hulle omgee hoe die horing lyk nie dit moet net ‘n horing wees.

Marianca du Toit ·

Ag nee regtig! Wie was nou so simpel. Dis mos heeltemal onnodig! Dis jammer dat sulke goeie intensies beloon word met ons tipiese misdadige mentaliteit wat net geen respek het vir enige iets en iemand nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.