Foto’s: Suksesvolle reddingspoging by Robbeneiland

Foto’s: Andrew Ingram / NSRI

Twaalf mense is Dinsdagoggend in die vroeë oggendure gered nadat hul visboot te midde van rowwe seetoestande by Robbeneiland op die rotse beland het.

Pat van Eyssen, Tafelbaai se stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê dit wil voorkom of die boot enjinprobleme ondervind het. “Golwe van tot 6 meter hoog het die boot tot op die rotse laat beland.”

ʼn Noodoproep van Marcelino da Silva (49) van Tafelsig, die boot se kaptein, is net ná middernag ontvang. Verskeie reddingspanne van die NSRI en nooddienste van die stad Kaapstad is na die gebied ontplooi.

“Da Silva het bevestig dat daar 11 bemanningslede, almal van Houtbaai en tussen 18 en 52 jaar oud, aan boord is. Hy het verder laat weet dat die visboot reeds op die rotse gestrand is en dat dit besig is om op te breek,” het Van Eyssen bygevoeg.

Die rowwe seetoestande het die reddingsproses erg vertraag en bemoeilik.

Die bemanningslede het ʼn kans geneem en van die boot af geklim en oor die rotse die Robbeneiland strandgebied bereik. Die NSRI het Robbeneiland se veiligheidsdienste ontbied om die bemanningslede op die eiland by te staan. “Teen 04:17 was al 12 bemanningslede veilig op die eiland.”

Hulle is na die Groote Schuur- en Somerset-hospitaal in Kaapstad geneem waar hulle vir onder meer verkluiming en rugpyn behandel word. Die hele reddingsproses is teen 05:17 afgehandel.

Foto’s NSRI

[nggallery id=150]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

leana ·

Tussen die hartseer tragiese verhale is daar toe tog ‘n verhaal met ‘n gelukkige einde. Baie dankie aan al die vrywillige rescue teams wat dit help moontlik maak het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.