Foto’s: Swemmende volstruise by Yzerfontein

Johan Basson van Harbour View het dié merkwaardige foto’s geneem van twee volstruise wat by Yzerfontein in die Wes-Kaap gaan swem het.

Basson, kaptein en booteienaar, het Woensdag op die twee “baaiers” afgekom. Hy het hulle weer na veiligheid teruggelei in die hawe. Dit is nie bekend waar die twee in die water beland het nie. Yzerfontein is bevoorreg om ‘n aantal geveerde inwoners te hê en die NSRI het spottenderwys gewonder of die twee dalk vir die Olimpiese Spele wou oefen. Dit is glo nie die eerste keer dat volstruise in die Atlantiese Oseaan beland nie.

[nggallery id=55]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.