Foto’s: Talle beseer ná taxi en voertuig bots

Foto: @OF_THE_SOUTH / Twitter

Sestien mense is Woensdagoggend beseer nadat ʼn minibustaxi en ʼn voertuig in Roodepoort gebots het.

Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk by ʼn kruising in Hendrik Potgieterweg in Florida Glen plaasgevind.

“Die pasiënte het verskeie beserings opgedoen wat wissel van matig tot ernstig,” het Steinmann gesê. Paramedici van verskeie nooddienste het die beseerdes na verskillende hospitale geneem vir verdere behandeling.

Volgens ʼn ooggetuie het die taxi glo ʼn stopstraat verontagsaam en teen die ander voertuig gebots waarna die taxi omgeslaan het. Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarel ·

Hierdie taxidrywers moet swaar gestaf word vir die mense wat hulle seermak deur hul wetteloosheid

Trudie ·

Maar weer net ‘n TAXI!!! En een teen tien nie padwaardig nie, bestuurder het nie lisensie nie. Daar moet opgetree word teen hierdie barbare wat nie ‘n dêm omgee vir die volgende lewe nie. Swaarder straf en daar moet ‘n stelsel geskep word waar hulle geleer word hoe om te bestuur voordat hulle ‘n lisensie kan kry om mense te vervoer. Maar nee, die gereg draai maar net die kop weg want hulle kry mos hulle “cut” uit hierdie jaag barbare.

mina ·

vat sy lisensie weg hulle voel niks vir n stopstraat en rooi robot of nog beter hulle moet hulle wat so roekeloos ry se taxis merk soos n spesifieke kleur dat almal kan sien hulle is roekelose bestuurders dan weet jy as jy so een sien pasop hy het nie maniere. nou moet jy opdok by jou assuransie onnodig want die gemors gee nie om nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.