Foto’s: Talle “nuwe” DA-plakkate sien die lig

Daso se oorspronklike plakkaat wat tot die omstredenheid gelei het.

Die stof rondom die DA studenteorganisasie (Daso) se plakkaat, wat wys hoe ‘n wit man en swart vrou mekaar met kaal bolywe omhels, het nog lank nie gaan lê nie.

Daso het Maandag ʼn opskudding veroorsaak op sosiale netwerke nadat die organisasie sy nuwe werwingsplakkaat op Facebook geplaas het. Intussen het talle nuwe “plakkate” die lig gesien wat die spot dryf met Daso se oorspronklike plakkaat. Daar is ook plakkate gemaak namens ander organisasies soos die studente-organisasie Sasco. Cosatu in KwaZulu-Natal het vir verdere omstredenheid gesorg toe hy Woensdag gesê het Daso se plakkaat verskans die idee van “wit oppermag”.

Lees ook Eugene Brink en Herman Toerien se bydraes oor die omstrede plakkaat.

Die plakkate doen die rondte op sosiale netwerke en blogs:

[nggallery id=23]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jan Serfontein ·

Vermoedelik is baie van ons se dae getel by die DA . Sal moet uitvind wat die DA self daarvan sê.

Paul ·

Jan, net om seker te maak, jy besef hierdie “nuwe” plakkate is alles onafhanklike parodieë van die oorspronklike een en nie amptelike DA plakkate nie, né?

Henry ·

Dit is baie swak smaak en teenstrydig met die leer van die Bybel. Wie knyp nou eintlik die swart kat in die donker……

Rina Rossouw ·

Persoonlik vind ek dit byna onmoontlik om die uitlokkende houding – van die tweetjies mis te kyk….
Dit is vir my totaal uit verhouding met die boodskap wat dit nou kamma moet oordra….(terloops wonder ek wie en wat se boodskap dit is) Ek glo wat hier bereik word is ‘n reaksie van “Hallo, is dit waarvoor die DA nou staan” Ek glo dat ‘n laggende meisie in ‘n oorpak wat bakstene aangee vir die man, terwyl hy bou……sou ‘n baie beter boodskap van “kom ons BOU aan die toekoms ” projekteer……Op die oomblik hou ek nie van die “Bou” nie……..want alles draai om die passiewe “cool” idees. Nee wat DA, dit is van al hierdie soort bou – dat ons land lyk soos hy lyk…..

Paul ·

Rina, net op die punt van “glo dat ‘n laggende meisie in ‘n oorpak wat bakstene aangee vir die man, terwyl hy bou”, dink jy die reaksie sou minder erg gewees het? Watter simboliek sou alles daaruit gehaal kon word?

Sommer so vinnig kan ek dink aan: “Kyk, dit wys dat swart mense onderdanig aan wit mense moet wees, en maar te bly moet wees daaroor!”
Of wat van: “Kyk hoe beeld dit die patriargale aard van die samelewing uit, nes Helen Zille se manlike provinsiale Kabinet!”

Ek beny definitief nie die bemarkingspan vir so tipe veldtog nie!

Louis du Plessis ·

Rina en Diane ~

KEN JOU TEIKENMARK

1 Ek sluit graag aan by Paul se opmerkings: dis bitter moeilik om ‘n veldtog op ‘n huidige Suid-Afrikaanse kampus te loods gegee die samestelling van die studentekorps. Die vraag is nie: “Hoe kan ek ‘n pakket oordra wat al my eie lewensbeskoulike standpunte insluit?” Die vraag is eerder: “Hoe kan ek ‘n beeld skep waarmee die grootste aantal lede van die teikengroep hulle sal vereenselwig sodat hulle die fyn druk agterop my stof sal lees en vir my beweging sal stem?” Dit kan dan bydra om die ANC-oorheersing onder swart studente te verminder.

2 Die feit is: Ons kan nie langer die ANC se rasbehepte en antiblanke vooroordele op kampusse verduur nie! Ons moet dus metodes kies wat bewegings nader aan ons, soos die DA, kan versterk. Ons moet maneuvreer. Met dit in gedagte, Rina en Diane, plak ek hieronder die kommentaar wat ek reeds gelewer het op Eugene Brink se veelfassettige artikel oor die DA-jeug, om na te loer, as julle ‘n kansie kry.

3 Neem ook daarvan kennis dat die klomp humoristiese plakkate wat tans landwyd op die internetwebwerwe versprei word, deur privaat indiwidue opgstel is en nie deur die Demokratriese Alliansie-studenteorganisasie nie. Die groot geluk is egter: Dit plaas Daso al hoe meer op die kaart, en dit wys vir studente: Daar is ‘n keuse. Daso se betreklik klein belegging in ‘n vlugskrif, lewer tans ‘n uitsonderlik hoë opbrengs op. Wie nie waag nie, wen nie!

PROBLEEMSTELLING: HOEKOM KOOP EK ‘N COROLLA?

1 Veronderstel ek is nie ‘n afgeleefde en opgerookte, geplooide en bewerige fossiel wat met als wat die jeug doen fout soek nie. Veronderstel verder ek is ‘n sagtebaardlid van ‘n jeugbeweging van ‘n politieke party wat in die landwye plaaslike verkiesing in Mei 2011 meer as 24% van die totale stemme gekry het. Dié party het die afgelope jare skouspelagtig gegroei en het reeds in een provinsie, naamlik die Wes-Kaap, aan die bewind gekom, en bestuur meeste stadsrade en dorpsrade in dié provinsie. Water word voorsien. Die strate is skoon. Die verkeersligte werk. Anders as in die res van die land waar, onder dwang van die rasgedrewe ANC, talle strate en hele dorpe van die toneel verdwyn het, is die Paarl, Stellenbosch en Vredenburg veilig en word name van Afrikaners soos Chris Barnard aan hoofweë in Kaapstad toegeken.

2 Veronderstel verder ek wil hê my party moet nog vinniger uitbrei, veral in die noorde, omdat ek sien hoe die steun vir my jeugbeweging Daso (die Demokratiese Alliansie-studenteorganisasie) soos ‘n veldbrand versprei en hoe hy kampusse oorneem, soos aan die Universiteit van Kaapstad.

3 As ‘n Afrikaanse student van onder dertig beleef ek egter ‘n dilemma: diegene wat soos ek praat – wit en bruin – asook ‘n toenemende aantal Indiërstudente, sluit met gemak by my jeugbeweging aan. Om meer steun te werf móét ek dus noodwendig deurbreek na die groot massa studente toe wat na hulleself verwys as “swart Afrikane”. Verskeie van hulle is reeds lede van Daso. Maar talle is nie. Vir ons is dit geensins genoeg nie. Inteendeel! Ons smag daarna om die korrupte ANC te vervang.

4 Intussen beywer Daso hom vir die behoeftes van studente: soos aan groter geldelike steun vir studie en aan die skrap van BTW op handboeke. Neem verder aan Daso dra kennis van wêreldbekende oorredingskundiges oor talle dekades, soos Jacques Ellul, Karlins en Abelson, Freedman en Freedman, Max Atkinson, Nirenberg en Jarol Manheim. ‘n Kernvraag flits: Nadat Daso die bogenoemde en ander studentebehoeftes op ‘n kampusvlugskrif laat druk het: Hoe gaan ons die boodskap verpak? Wat gaan ons op die vóórkant van die vlugskrif druk?

5 Skielike besef my komitee: verpak jou boodskap, net soos jy ‘n nuwe Corolla sal bemark, agter ‘n lokfoto wat op jou teikenmark gerig is, sodat ‘n onbelangstellende student die vlugskrif glad nie sal weggooi nie, maar sal bekyk, daaroor sal praat, en in sy tas sal druk om vanaand weer te lees en te oordink. Kies ‘n lokfoto en munt ‘n spreuk wat diegene wat in koalisies dien met die bevolkingsvyandige en selfverrykende ANC-regering, soos die SA Kommunistiese Party, die Vryheidsfront en Cosatu, tot irrasionele reaksies sal uitlok.

6 Voorts: Kies ‘n lokfoto en munt ‘n spreuk wat debat sal stimuleer by die groot meerderheid denkende studente, wat dwarsdeur die skyndiens van die ANC sien, en wat hulle sal vereenselwig met die doelwitte wat gedruk is agterop die vlugskrif.

7 Slotsom. Binnekort is dit weer kampusverkiesings en daarna ‘n landwye algemene verkiesing. Dink wat sal gebeur as elke vryheidsliewende student sy kruisie sal trek agter die enigste party wat die studentebehoeftes agterop die vlugskrif kan verwesenlik.

Diane ·

Ek dink die DA is so hard besig om almal te “please” dat ek dink hulle van onse Christelike beginsels vergeet het! Ek kan nie glo dat ons Here Jesus kan saamstem met van die fotos/plakkate, EK sal beslis nie die DA ondersteun nie!

Abel Esterhuyse ·

En van wanneer af is die DA ‘n kerk wat ‘n bybelse boodskap moet uitdra? Laas toe ek gekyk het was dit geregistreer as ‘n politieke party waarin alle Suid-Afrikaners wat bepaalde waardes deel (Jood, Moslem, Christen, Hindoe) ‘n politieke tuiste vind. As politieke party met ‘n liberale grondslag, kan ek my voorstel, is dit die DA se visie om ‘n omgewing te beding waar elke geloof, ras en taal ‘n plekkie in die son gegun word. As godsdiens en politiek vermeng word sit ons een van die mooi dae met ‘n Noord-Ierland of Midde-Oosterse konfliksituasie. Beoefen jou godsdiens buite die politiek en laat jou godsdienstige oortuiging jou lei om ‘n goeie burger van die land te wees wat in vrede met ander saamleef.

Adriaan Theron ·

Hallo Abel. Ek stem heelhartig met jou saam. Ons leef in ‘n land wat so geteister word deur skeinheiligheid (ook genoem godsdiens). Dit verf jou so in ‘n hoek vas dat jy nie funksioneel kan dink of leef nie.

SomersetMorkel ·

Die DA is op soek na stemme – en sal enigiets doen om dit te kry. Dit is die aard van ‘n politieke party – sonder stemme kan hy niks bereik nie. Omdat die DA homself wil profileer as die alternatief vir die ANC, moet mens nie verwag dat dit op Christelike beginsels gebaseer sal wees nie. In wese KAN dit nie – omdat dit die DA by die stembus sal kortwiek. Die bree publiek is NIE Christelik nie, en selfs diegene wat hulleself Christene noem, neem oor die algemeen nie besluite op grond van hulle Christelike oortuigings of die Bybel nie, maar op grond van wat die hulle die beste pas op die oomblik. Die DA is en bly ‘n LIBERALE party. Die DA is lid van Liberal International (LI – the world federation of liberal and progressive democratic political parties). Dit is ‘n alliansie wat sekere beginsels onderling en algemeen onderskryf. Een daarvan is bv. vryheid tot aborsie, tweede is geen onderskrywing van enige spesifieke geloof nie, derdens geen onderskrywing van morele en etiese kodes m.b.t. vrye seksualiteit nie, ens. ‘n Vrye markstelsel en ‘n vrye ekonomie word wel onderskryf, wat positief is. As ‘n liberale party het dit derhalwe geen basis om toekomsytige besluite te neem wat bg weerspreek nie. In die lig van politieke relaiteite in SA – swart meerderheid ens. – sal daar waarskynlik weining verander indien die DA (eendag) aan bewind kom. Helen Zille word deur die DA voorgehou as ‘n goeie voorbeeld van ewewigtige leierskap, en dit is waar. Sy sal egter een van die dae as leier vervang word en dan is dit ‘more of the same’ m.b.t. etiese en morele standaarde – soos uit die plakkaatveldtog blyk. En LW: Helen Zille het die plakkaatveldtog goedgepraat – wat ‘n swak morele onderbou weerspieel t.w.v. politieke gewin. Dis die weg tot ondergang wanneer jy moraliteit begin opoffer vir politieke gewin..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.