Foto’s: Talle verdrink ná boot sink

'n Vrou word gered. Foto: SAPA/AFP

‘n Vrou word gered. Foto: SAPA/AFP

Waarskuwing: Van die foto’s mag sensitiewe lesers ontstel.

Reddingswerkers is steeds op die toneel waar ʼn boot met honderde asielsoekers Vrydag aan die kus van die Indonesiëse eiland, Java, gesink het.

Tot dusver is 21 mense, waarvan sewe kinders is, reeds dood aangetref en ʼn paar word steeds vermis en het vermoedelik verdrink. Daar was sowat 100 asielsoekers aan boord.

Die boot het glo gesink nadat dit deur ʼn groot golf getref is.

'n Seuntjie wat bewusteloos is, word deur reddingswerkers na veiligheid gedra.

‘n Seuntjie wat bewusteloos voorkom, word deur reddingswerkers na veiligheid gedra. Foto: SAPA/AFP

Sover is 28 mense gered en na die Sukabumi-immigrasiekantoor geneem vir identifikasie. Die boot was onderweg na Australië se Christmas-eiland.

Indonesia boot sink 3

Die foto is geneem net voor die boot gesink het.

Indonesia boot sink 6

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Vas Vat ·

Weghardloop is nie n opsie nie, bly in julle eie land, net soos wat ons hier moet bly en die beste van n slegte saak “moet” maak.

Somerset Morkel ·

Mense wie se enigste hoop was om onwettig na ‘n ander land te gaan, en wat waarskynlik alles verkoop het om die bootrit te kan doen, wat al tragies genoeg is, en dan nog so ‘n tragedie beleef. Wat bly vir hulle oor? Mens het soveel om dankbaar voor te wees.

H J Bester ·

Somerset Morkel, stem saam met jou verwysing na hierdie stomme mense vir wie daar bykans geen vooruitsig in die lewe meer was nie – uit despraatheid pasaat betaal om per boot ‘n beter heenkome te gaan soek en ‘n hoë prys daarvoor betaal toe die reis misluk het.

Ons is dalk nie elke dag dankbaar genoeg vir die “oorvloed” waaroor ons beskik en het waarskynlik ook nie heeltemal begrip vir die menigtes vir wie daar min tot geen lewensvooruitsigte is nie.

Dit alles voer mens mee na die oer-oue Bybelse gebod van naasteliefde en dan die skok dat ons skromelik misluk om gereeld hieraan uitvoering te gee. Mag ons tog maar net meer begrip hê vir die armoede en ellende wat daar heers ten spyte van die verguising wat ons soms moet verduur van diegene wie ons eintlik nodig het.

Vas Vat ·

Somerset Morkel, ek klink dalk onsimpatiek, maar dink mooi oor wat ek hierbo gese het…

wragtig ·

Vas vat ek stem. Ek glo nie dit kan veel erger daar as hier wees nie. Ons byt vas en druk deur al is dit soms hoe moeilik.

Vas Vat ·

Wragtig, my maat, as jy hier kan oorleef, sal jy enige plek in die wereld kan oorleef.Ons is gesoute “vasbyters”

Amanda Brand ·

Multi cultural invasion is wrong. This is exactly what this is. Soon AU will look like some of the European countries where whites are a minority, driven away by rape and murder. AU should look into the matter why South Africans were recently denied asylum yet any other race group arriving illegally by boat is excepted into the AU system!! Makes you wonder who makes the rules and how come the Aussie population are not up in arms about this.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.