Foto’s: Taxi jaag in PMB-huis vas

Foto: Emma Boreham, ER24

Foto: Emma Boreham, ER24

Nog ‘n foto volg onderaan die berig. Agtien mense is beseer toe ʼn taxi Vrydag in ʼn huis in Eastwoo, Pietermaritzburg, vasgejaag het, het paramedici gesê.

“Paramedici op die toneel het bepaal die mense het skaafplekke en moontlike rugbeserings opgedoen,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê.

“ʼn Vierjarige kind is op die toneel behandel nadat sy glo uit die voorruit van die taxi geslinger is.” Volgens Vermaak het die ma haar glo op haar skoot vasgehou toe die ongeluk plaasgevind het.

Inwoners het mense uit die taxi gehaal voordat paramedici by die toneel opgedaag het.

Die beseerdes is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

Foto: Emma Boreham, ER24

Foto: Emma Boreham, ER24

Foto: Emma Boreham, ER24

Foto: Emma Boreham, ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eksetnet ·

Agtien beseer in ‘n Toyota Hi-Ace? Dis mos ‘n 10 sitplek! Dan was die ding mos oorlaai ook. Almal sal veiliger wees op ons paaie sonder enige Minibus Taxis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.