Foto’s: Taxi-sleep advokaat trou

Kim McCusker en haar verloofde, Lourens Grobler Foto: Facebook

Die Johannesburgse advokaat wat in September 2011 deur ʼn taxi omgery en honderde meters ver gesleep is, het Saterdag getrou.

Agt maande ná die ongeluk het Kim McCusker en Lourens Grobler die knoop deurgehaak. Grobler het haar glo deur die hele voorval ondersteun en bygestaan. Die saak teen die taxibestuurder is steel hangende. Die taxibestuurder beweer hy wou probeer wegkom van Grobler af nadat hy amper Grobler se motor gestamp het. Kim het ernstige beserings opgedoen en was lank in die intensiewe sorgeenheid. Haar vriende en familie beskryf haar as ʼn “baie brawe vrou.” Die Grobler-egpaar sal binnekort vir hul wittebrood na Thailand vertrek.

McCusker en Grobler op hul groot dag Foto: Facebook

Kim McCusker en haar strooimeisies Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.