Foto’s: Tempe-weermagbasis: Brand word ondersoek

Foto's: Kobus Robbertze/OFM

Ondersoeke na die oorsaak van ‘n brand Vrydag by ‘n koshuis by die Tempe Weermagbasis in Bloemfontein het reeds begin.

Drie mense is in die Drie Militêre Hospitaal in Bloemfontein opgeneem. Rina Coetzee, woordvoerder van die hospitaal sê twee van die pasiënte is vir rookinaseming behandel, maar een is reeds ontslaan. Die derde persoon moes ‘n operasie ondergaan nadat hy sy been in die voorval gebreek het, berig OFM.

Die derde verdieping van die koshuis is totaal vernietig en die res van die gebou het waterskade. Braam van Zyl van die Mangaung Brandweer sê hulle vermoed die brand het in een van die kamers ontstaan, maar hulle behoort teen Maandag meer besonderhede te hê.

Sommige persone het by die vensters uitgespring toe die gebou begin brand het. Kobus van den Berg, waarnemende bevelvoerder, sê die Gesamentlike Klub se Blok 10-wooneenheid huisves sowat 60 mense, maar slegs drie was in die gebou toe die brand uitgebreek het. (Sien meer foto’s onderaan dié artikel.)

Foto's: Kobus Robbertze/OFM

Foto's: Kobus Robbertze/OFM

Foto's: Kobus Robbertze/OFM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.