Foto’s: Tier val man aan in dieretuin

Foto: Seven News

Foto: Seven News

Foto’s volg onderaan die berig. ʼn Bewaarder is Dinsdag na ʼn hospitaal gehaas nadat ʼn tier hom by ʼn dieretuin in Australië aangeval het.

Dié man, wat al jare lank met die tiere werk, is in ʼn ernstige, maar stabiele toestand. Hy is in die nek en op sy skouer gebyt deur ʼn tier wat hy al van kleins af grootmaak.

Volgens beamptes van die dieretuin het die twee gespeel en die tier het bietjie té opgewonde geraak.

“Hy is stabiel en sterk aan in die hospitaal,” het die dieretuin op sy Twitter-rekening bevestig. “Ons ondersteun hom en sy gesin.”

Volgens Wes Mennon, direkteur by Australia Zoo, het kollegas die aanval gesien en het hulle die man, wat al nege jaar lank met die katte werk, na veiligheid gesleep. “Ons nooddiensspan was onmiddellik op die toneel. Hulle het professioneel en kalm opgetree. Ek haal my hoed af vir hulle.”

Die man is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal in Brisbane geneem.

Die Australia Zoo sal ʼn volledige ondersoek van stapel stuur.

Foto: Seven News

Foto: Seven News

Foto: Seven News

Foto: Seven News

Foto: Seven News

Foto: Seven News

Foto: Nine news

Foto: Nine news

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Henko ·

Moet nooit te gerus wees met wilde diere nie, nie eers as hy van kleins af groot gemaak is nie.

Peter Says ·

Henko, dit is so, n wilde dier raak nooit mak nie, ingebore instink.

AmY ·

Wilde diere bly wilde diere. Kan enige tyd aanval. Hulle is nie die mens se speelmaat nie.

Hanlie ·

Ek dink ‘n mens moet maar altyd versigtig wees wanneer jy met groot diere werk. Ek praat nie net van wilde diere nie. ‘n Mens doen dinge party keer sonder om te dink. Iemand wat ek ken se twee groot honde het gister met mekaar baklei oor iets (wat net hulle sal weet). Twee pragtige lieflike vriendelike honde. Sy het tussen hulle probeer inkom sodat hulle kan ophou baklei en die een het haar gebyt – haar arm is amper afgeskeur. Hond wat baklei groot of klein los jy uit – wat werk beter. Ek dink ons “dink” hulle is mak (dieselfde met wilde diere wat met die hand groot gemaak is) maar hulle bly steeds diere met dier instinkte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.