Foto’s: Tornado saai verwoesting in Vrystaat

Foto's: OFM en ER24‘n Hewige storm het Saterdagmiddag groot verwoesting in die Vrystaat gesaai, en na wat verneem word vyf lewens geëis. Die storms het ook tornado’s veroorsaak.

Werner Vermaak, ‘n woordvoerder van ER24, sê hul nooddienssentrum het laat Saterdagmiddag verskeie oproepe gekry oor buitengewone sterk winde wat sommige huise in informele nedersettings sowel as strukture in Oranjeville, Welkom, Kessel, Reits en Bloemfontein heeltemal verwoes het.

Majang Skalkie, ‘n polisiewoordvoerder, het aan OFM gesê drie passasiers is dood na ‘n bus, wat ANC-lede van Bethlehem na Fouriesburg vervoer het, omstreeks 17:30 omgeslaan het. Volgens Jeffery Wicks, ‘n woordvoerder van Netcare911, het die bestuurder van die bus glo beheer verloor en die bus het die pad verlaat, gerol en op sy dak tot stilstand gekom. 58 passasiers het geringe tot ernstige beserings opgedoen en is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

Wicks het aan Maroela Media gesê Netcare911 was ook op die toneel waar ‘n vrou in haar twintigs op die plaas Wonderdroom, naby Bethlehem, weens die storm dood is. Haar plakkershut is deur stormsterkte winde verwoes en haar liggaam is tussen die puin van haar plakkershut gevind.

Wicks het ook bevestig ‘n man is dood naby die Vaaldam in Deneysville toe die huis waarin hy was inmekaar getuimel het ná dit deur ‘n tornado getref is. Vyf mense is ook in dié voorval beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.