Foto’s: Trane rol steeds oor Madiba

Foto's: GCIS

Foto’s: GCIS

Tussen 12 000 en 14 000 mense Woensdag opgedaag om Mandela se oorskot te sien. Die getalle vir Donderdag word nog bepaal, maar duisende mense het ure lank in die bloedige son in ʼn ry gestaan. In ʼn stadium het die Tshwane-metro bevestig meer as 20 000 het Donderdag getou om vir oulaas vir Mandela te groet.

Parkeer-en-ry-gebiede moes Donderdagmiddag omstreeks 15:00 sluit omdat te veel mense opgedaag het om na die Uniegebou vervoer te word. Mense word slegs by die Uniegebou toegelaat deur publieke busse wat van drie parkeer-en-ry-gebiede vervoer word.

Mandela lê tot Vrydag in staatsie by die Uniegebou. Dié foto’s is deur die regering se kommunikasie-afdeling, GCIS, beskikbaar gemaak.

[ngg_images gallery_ids=162 display_type=”photocrati-nextgen_basic_thumbnails” number_of_columns=”4″ gallery_width=”600″ gallery_height=”400″]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.