Foto’s: Twee dood toe hul superfietse bots

Waarskuwing: Die onderstaande foto kan sensitiewe lesers ontstel

Twee motorfietsryers is Maandagmiddag in KwaZulu-Natal dood nadat hul superfietse in ʼn botsing betrokke was.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk het op die R102-pad tussen Stanger en Ballito plaasgevind.

“Na wat verneem word, het die motorfietsryers in ʼn noordelike rigting gery en beheer oor die fietse verloor toe hulle ʼn voertuig wou verbysteek. Hulle het  ʼn aankomende voertuig in die suidelike-baan reg van voor getref,” het Botha gesê.

Stukke van die motorfietse het regoor die ongelukstoneel gelê. “Een van die motorfietse was in twee geskeur en die suspensie het in die voertuig by sy voorwiel vasgesit.”

Die motorfietsryers is op slag dood en die bestuurder van die voertuig het ernstige beserings opgedoen. Daar was twee passasiers in die voertuig wat geringe beserings opgedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Koos van Rooyen ·

Soos dit blyk uit die berig, was dit weereens as gevolg van die roekeloosheid van die twee motorfietsryers wat tot die ongeluk gelei het. Koudbloedig soos dit mag klink, is ek dankbaar dat diegene in die voertuig met geringe beserings daarvan afgekom het. Die oortreders het egter slegs ontvang waarvoor hulle hulle beywer het naamlik, totale verbreking van die wet en die reg wat elke mens het om te leef in veiligheid. Elkeen wat roekeloos lewe, benadeel nie net homself nie, maar al die onskuldiges rondom hulle en verdien niks minder as die dood nie.

LIZETTE ·

Sondagmiddag het 2 motorfietsryers verby ons gejaag @ ten minste 180km/p/h – sonder nommerplate. Ons sien dit gereeld, maar lyk asof hulle maar net daarmee wegkom! Dit is so onregverdig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.