Foto’s: Twee koppe, een dop

Foto: San Antonio-dieretuin

ʼn Skilpadjie met twee koppe het in die San Antonio-dieretuin in Texas, Amerika uitgebroei.

Die tweekoppige Texas cooter-skilpad (Pseudemys texana) het op 18 Junie by die dieretuin uitgebroei. Die skilpad is ‘Thelma en Louise’ gedoop en kon vanaf 25 Junie deur die publiek besigtig word. Craig Pelke, ʼn kurator van reptiele en amfibieë by die dieretuin, sê hoewel dit ongewoon is vir ʼn skildpad om met twee koppe uit te broei is dit nie ongehoord nie. “Tweekoppige diere is eintlik tweelinge wat nie geskei het nie en het dit tot gevolg dat een dier twee of meer koppe het. Tweekoppigheid kom meestal onder slange en skilpaaie voor.” Pelke sê dit gaan goed met Thelma en Louise en dat hulle met beide koppe eet.

Foto: San Antonio-dieretuin

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.