Foto’s: Twee renosters, een dragtig gestroop in Limpopo

WAARSKUWING: Die foto’s aan die onderkant van die bladsy is baie gewelddadig en ontstellend. Dit mag sensitiewe kykers ontstel.

ʼn Dragtige renosterkoei is saam met nog ‘n renoster deur stropers doodgemaak in ʼn wildreservaat in Limpopo.

ʼn Polisiewoordvoerder, maj. Gen. Maggy Mathebula, sê die karkasse is Donderdag in die Tiergarten wildreservaat naby Letsitele gevind. Albei renosters is geskiet en hulle horings is verwyder. Verlede jaar is twee renosters in dié reservaat doodgemaak. Die reservaat beslaan sowat 8000ha. In 2011 is 448 renosters in Suid-Afrika doodgemaak vir hulle horings.

WAARSKUWING: Die foto’s is baie gewelddadig en ontstellend. Dit mag sensitiewe kykers ontstel.

Die foto’s is aan Maroela Media beskikbaar gestel deur Milton Stratford wat ten tyde van die stroping op die wildreservaat was.

[nggallery id=25]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.