Verwoesting van die Oklahoma-tornado

Nagenoeg 91 mense, waaronder 20 kinders, is dood nadat ‘n kragtige tornado die Amerikaanse staat van Oklahoma getref het. Daar is aanvanklik beraam dat 52 mense dood is, maar beamptes het intussen bekendgemaak die dodetal het gestyg.

BBC berig nooddienswerkers soek steeds deur die puin van ‘n skool na vermiste kinders en mense, en verwag dat die dodetal verder kan styg.

President Barack Obama het intussen die voorstad waar die tornado voorgekom het, Moore, tot ‘n rampgebied verklaar.

Die tornado was glo sowat 3km breed en het binne 40 minute ʼn pad van verwoesting gesaai vir sowat 17km. Die tornado het glo winde van tot 300km/h tot gevolg gehad. Dit word beskou as een van die dodelikste die afgelope tyd. Na wat berig word, is minstens 240 mense beseer, en duisende huise en twee skole is verwoes.

Intussen het president Jacob Zuma sy medelye met die Amerikaanse regering en die inwoners van Oklahoma uitgespreek. Klik hier om meer foto’s van die verwoesting te sien.

Klik hier om ‘n video van die tornado te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.