Foto’s: Vier vermeende diewe in KZN vasgetrek

Foto: SAPS

Vier verdagtes is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op twee vragte vol gesteelde goedere in Howick, KwaZulu-Natal.

Kol. Vincent Mdunge, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het inligting ontvang wat hulle na ‘n huis in Midmarweg gelei het. Die polisie het vier mans aangetref wat besig was om televisiestelle, yskaste, komberse en ander huishoudelike toestelle in twee vragmotors te laai. Die mans kon nie ‘n ordentlike antwoord verskaf waar hulle aan die items gekom het nie. Hulle het slegs gesê hulle moet die vrag in Malawi gaan aflewer.

Al vier mans is na die polisiestasie geneem om verder ondervra te word. Die polisie is hierna na ‘n ander huis gelei waar hulle beslag gelê het op 14 fietse, grassnyers, televisiestelle, klankstelsels en ander toestelle insluitend mikrogolfoonde en luidsprekers.

Die verdagtes sal binnekort in die landdroshof in Howick verskyn op aanklagte van die besit van gesteelde goedere.

Foto: SAPS

Foto: SAPS

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.