Foto’s: Vliegongeluk by Secunda-lugskou

Foto: @lookoutcrime op Twitter

Foto: @lookoutcrime op Twitter

OPVOLG: ‘n Woordvoerder van die familie het aan Maroela Media bevestig Glen Dell is Saterdagmiddag oorlede. Klik hier om meer te lees.

Nog foto’s volg onderaan die berig. Een van Red Bull se vliegtuie het Saterdagoggend omstreeks 11:15 by die lugskou in Secunda neergestort.

ʼn Ooggetuie op die toneel het aan Maroela Media gesê die vlieënier was besig om sy toertjie uit te voer toe die vliegtuig neergestort het. Na bewering het die vlieënier met ʼn T28 Trojan-vliegtuig gevlieg en het die ongeluk gebeur net voordat die Silwer Valke met hul vertoning sou begin.

Hy is met ʼn helikopter na die Millpark-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Volgens berigte op Twitter was dit die bekende kunsvliegvlieënier Glen Dell wat in die ongeluk betrokke was.

Volgens die ooggetuie op die toneel is ʼn afkondiging ná die ongeluk gedoen dat dit die eerste insident by ʼn Suid-Afrikaanse lugskou is vanjaar. Meer besonderhede volg sodra dit aan Maroela Media beskikbaar is.

Foto: Sharné Strydom

Foto: Sharné Strydom

secunda 3

Die helikopter maak gereed om die vlieënier na die hospitaal te neem Foto: Sharné Strydom

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.