Foto’s volg onderaan die berig. ‘n Uitstalling in ‘n galery in New York van foto’s van woonstelbewoners, wat geneem is sonder dat hulle daarvan bewus is, word gekritiseer as voyeurisme.
Fotograaf Arne Svenson het dié foto’s van sy bure met ‘n telefotolens deur hul vensters geneem. Sommige van die foto’s wys ‘n man wat slaap, ‘n vrou van agter wat hurk, twee mans in japonne met kaal bene en ‘n vrou wat ‘n teddiebeer vashou terwyl sy in ‘n wiegstoel sit. Die foto’s is só gesny dat hul gesigte nie heeltemal sigbaar is nie.
Aantekeninge vir die “The Neighbors”-uitstalling by die Julie Saul-galery sê Svenson het “nuwe inspirasie in die vensters van hoë woonstelblokke in Manhattan gekry”, en hy het ‘n “werk vir ons tyd” geskep. Die foto’s word teen duisende dollar elk verkoop.
“Ek is ontsteld omdat daar baie kinders in die gebou bly. Ek het self klein kinders,” het Clifford Finn, wat deur Svenson afgeneem is, aan NBCnews.com gesê. “Ek is seker daar is baie wat ons nie gesien het nie, en ek weet nie wat hy op film het nie, en ek dink dit is almal se groot kommernis.”
Svenson, wat die foto’s uit sy eie eersteverdieping-studiowoonstel geneem het, vergelyk homself met ‘n ornitoloog wat voëls afneem en reken sy bure in Greenwichstraat is “geoorloofde wild” as hulle nie hul blinders toetrek nie.
[nggallery id=128]
Is dit dalk tyd vir die ou netgordyne?Daar sal altyd mense wees wat inbraak maak op ander se privaatheid (nie dat dit reg is nie).