Foto’s: Vragskip strand by Knysna

Foto: Bianca Bezuidenhout/NSRI

Negentien mense is gered nadat ʼn vragskip Donderdag aan die kus by Knysna gestrand het.

Die Nasionale Seereddingsinstituut sê die skip se bemanning is per helikopter van die skip verwyder. Alan Winde, LUR vir toerisme in die Wes-Kaap, sê die skip wat rys vervoer het, het vroegoggend krag verloor en anker geslaan. “Dit is in die middel van ʼn natuurreservaat en een van die Tuinroete se gewildste toeristebestemmings. Hoewel die skip tans nie ʼn bedreiging vir die omgewing inhou nie, hoop ons dit word vinnig verwyder voor dit in nog ʼn Seli 1 verander.” Die Seli 1, ʼn Turkse vragskip, het in September 2009 by Bloubergstrand in die Wes-Kaap gestrand. Die vloot het in Mei vanjaar plofstof gebruik om die struktuur van die skip te probeer verswak en het dit tot ʼn olielekkasie gelei.

[nggallery id=149]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.