Foto’s: Vrou en twee kinders van vloedwater gered

Foto's: Netcare911

ʼn Bejaarde vrou en twee kinders is Vrydagmiddag van ʼn eiland in die Tugela-rivier gered, nadat hulle deur vloedwater vasgekeer was.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, wou die vrou en twee dogtertjies, onderskeidelik ses en tien jaar oud, die rivier in die Masinga-omgewing in KwaZulu-Natal, oorsteek toe hulle deur vloedwater vasgekeer is.

Reddingswerkers het ʼn noodoproep van die Masinga-polisie ontvang. Die polisie se lugvleuel, en paramedici van Netcare911 het reageer. “Die rivier was in volle vloed en die drie mense was al vir etlike ure in die middel van die stygende rivierwater op ʼn eiland vasgekeer,” het Botha gesê.

“Die polisiehelikopter is kundig op die klein eiland geland en die vrou en twee kinders is opgelaai. Hulle is veilig na die oewer geneem waar hul familie angstig vir hulle gewag het. Daar was ook drie bejaardes aan die oorkant van die rivier vasgekeer. Hulle is ook deur die ervare lugvleuelbeamptes na veiligheid geneem,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.