Foto’s: Vrou sterf na vragmotor in winkelsentrum vasry

ʼn Bejaarde vrou is dood nadat ‘n weghol-vragmotor haar in die parkeerterrein van ʼn winkelsentrum in Pietermaritzburg getref het.

TimesLive berig dat die 70-jarige Alice Joggesar saam ʼn vriend by ʼn restaurant in die Liberty Midlands-winkelsentrum geëet het. Sy het saam met die vriend na sy huurmotor gestap toe die vragmotor op die N3-hoofweg buite beheer geraak en deur ’n heining van die sentrum gebars het. Die vragmotor het Joggesar doodgery voor dit deur ’n buitemuur van die sentrum gebars en binne die Absa-tak tot stilstand gekom het. Nog ʼn persoon is beseer toe ʼn stuk glas in sy oog in geskiet het. Die 25-jarige vragmotorbestuurder is ook beseer. Die polisie ondersoek die voorval.

Lees meer hier.

Foto’s verskaf deur RC Helicam. Besoek hulle webtuiste hier.

[nggallery id=21]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.