Foto’s: Vrystaat se webtuiste kos glo $40, regering betaal glo R40m

Die Vrystaatse provinsiale regering hou vol dat hy R40 miljoen betaal het om sy webwerf op te knap en nie R140 miljoen soos berig nie.

Die Sowetan het Maandag berig dat Elzabe Rockman, die Vrystaatse direkteur-generaal in die kantoor van die premier, in 2011 ʼn driejaar-kontrakvan R140 miljoen geteken het om hul webwerf te herontwerp. Die kontrak is beklink met Tumi Ntsele, ʼn sakeman wat na bewering verskeie tenders met ander provinsiale departemente het. Die koerant berig Ntsele se besigheid het die tender gekry, selfs al was daar twee maatskappye wat dit vir baie goedkoper aangebied het. Rockman hou egter vol dat die webtuiste hulle net R40 miljoen uit die sak gejaag het.

Die webtuiste is geskep deur die gratis platform WordPress. Volgens kenners is die webwerf se ontwerp gedoen deur ʼn sjabloon (template), ʼn program wat vir sowat $40 aangekoop kan word. Etionee Bruwer, eienaar van ʼn webontwikkelingmaatskappy, sê die prys vir die webwerf is “belaglik”. Hy het gesê die duurste webwerf tot dusver het sowat R12 miljoen gekos en die bedrag was nodig omdat die webwerf aan ʼn finansiële instansie behoort wat sensitiewe inligting moes beskerm. “Die maatskappy wat aan die webwerf werk maak seker sowat R3,5 miljoen wins per maand.” Ntsele het egter aan die koerant gesê opposisiepartye het ‘n agenda teen swart sakemanne en dat die webwerf se koste regverdig is.

Die webtuiste http://www.freestateonline.fs.gov.za/ het gister verskeie kere nie oopgemaak nie.

Die sjabloon (template) wat sowat $40 kos:

Die Vrystaatse provinsiale regering se webtuiste na R40 miljoen spandeer is:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kobus ·

Ek bou en onderhou webwerwe met WordPress elke dag. Dit is open source en is gebou volgens die beginsel dat dit vryheid van spraak bevorder deurdat dit die bou van ‘n webwerf vergemaklik vir enige iemand wat sterk voel oor ‘n saak. Ironies dat hulle dit nou inspan vir korrupsie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.