Foto’s: Vyf sterf in Kimberley-ongeluk

Foto: ER24

Foto’s volg onderaan die berig.

Vyf mense is Maandagoggend dood en twee beseer tydens ‘n ongeluk buite Kimberley in die rigting van Barkley-Wes.

“Die voorste helfte van ‘n Audi was aan die kant van die pad en die agterste helfte het in die pad naby die Land Cruiser gestaan toe paramedici en ander noodpersoneel by die toneel opgedaag het,” het Derrick Banks, woordvoerder van ER24, gesê. Die ongeluk het Maandag omstreeks 10:30 plaasgevind.

Vier mans en een vrou in die Audi het erge beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. “Die bestuurder en passasier in die Land Cruiser is vir matige beserings behandel en na die Kimberley-hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling,” het Banks gesê.

Die bestuurder het moontlik beheer oor die voertuig verloor weens ‘n meganiese enjinprobleem. Hy het toe in die ander motor vasgery.

Die pad is gesluit terwyl die betrokke owerhede die ongelukstoneel ondersoek.

Foto: ER24



ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.