Foto’s: Vyf sterf in taxi-ongeluk

Foto: Netcare 911

Vyf mense is dood en 13 beseer toe ‘n minibustaxi Saterdagmiddag op die M4-suid in Durban gerol het.

“Die bestuurder het glo beheer oor die voertuig verloor, en teen die versperrings vasgejaag voordat die voertuig op sy dak tot stilstand gekom het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. Paramedici, die brandweer en verskeie ambulansdienste was op die toneel waar die wrak in die middel baan van die snelweg gelê het. “Die pendelaars is tydens die ongeluk uit die voertuig geslinger.”

Vyf mense is op die toneel dood weens die beserings wat hulle opgedoen het. Een persoon is in ‘n kritieke toestand en twaalf ander het ernstige beserings opgedoen. Paramedici het die beseerdes eers op die toneel stabiliseer voordat hulle na verskeie hospitale in die gebied geneem is.

Alle foto’s: Netcare 911
[nggallery id=109]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.