Foto’s: Vyf wat vrou glo probeer keelaf sny, kry borg

Vyf mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn bejaarde vrou se keel met ʼn skeermeslemmetjie probeer afsny het is Woensdag op borgtog vrygelaat.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Ronel Otto, sê die vyf beskuldigdes – Lerato Nkumane (26), Willy Baloyi (28), Ben Maake (32), Frans Mokonyane (27) en Jonathan Mathovela (26) – is Woensdag op borgtog van R3 000 elk vrygelaat in die Naboomspruit landdroshof. Lede van die burgerregte-organisasie AfriForum het voor die hof betoog. Maroela Media het verlede week berig dat Anita Jacobs Van Niekerk (62) verlede naweek aangeval is. Die beskuldigdes het na bewering Jacobs Van Nierkerk se voordeur afgebreek. “Sy het om hulp geskree en met haar aanvallers gestoei. Hulle het die haar met hulle vuiste geslaan en haar erg beseer toe hulle probeer het om haar keel met ʼn skeermeslemmetjie af te sny,” het kol. Otto vroeër gesê. Jacobs Van Niekerk is steeds in ʼn ernstige toestand in die hospitaal en kan nie praat of sluk nie. Die saak is uitgestel tot 14 Maart.

Foto’s verskaf deur AfriForum
[nggallery id=24]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.