Foto’s: Vyfjarige gewond in rooftog by Emperors Palace

Foto: @ewnreporter/Twitter

Die polisie in Gauteng sê 10 vermeende rowers is in hegtenis geneem nadat hulle Sondagoggend die Emperors Palace-casino in Kempton Park aan die Oos-Rand probeer beroof het.

Lt. Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het ʼn wenk ontvang dat 19 mans die casino gaan beroof. Die polisie het die groep gewapende mans by die ingang van die casino voorgekeer waarna ʼn skietgeveg uitgebreek het. Twee van die vermeende rowers is gewond en drie is in hegtenis geneem. Die twee wat gewond is, is onder polisiebewaking in die hospitaal. Dlamini sê ʼn vyfjarige dogtertjie is ook in die skietgeveg beseer nadat ʼn dwaalkoeël haar skrams teen die kant van haar kop getref het in die casino se hotel. Sy is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir behandeling.

Dlamini sê die polisie het die oorblywende rowers agternagesit en nog vyf is in hegtenis geneem. Hy sê drie AK47-aanvalsgewere, vier pistole en een rewolwer is in die 10 mans se besit gevind. Dlamini sê die polisie soek steeds na die ander nege rowers.

Die rooftog by Emperors Palace kom presies drie maande nadat 20 rowers Carnival City in Brakpan beroof het. Twee veiligheidswagte en ’n polisieman is in die voorval gewond.

[nggallery id=122]

Lees ook:
Rooftog by Emperors Palace

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Flash ·

Volg tog asseblief later op as die vloeke in die hof verskyn. Ek sal graag wil weet hoeveel is polisie en hoeveel is weermaglede. Almal seker MK kaders?

Flash ·

Geluk aan die ‘ware’ polisiemanne wat die vloeke gevang het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.