Foto’s: Weer veroorsaak vier se dood in Mpumalanga

Die eerste ongeluk vroeër op Donderdag. Foto's: ER24

Swaar weer het Donderdag die dood van vier mense in twee afsonderlike ongelukkig op die N4-deurpad naby Middelburg, Mpumalanga, veroorsaak.

In die eerste ongeluk vroeër vandag is twee mense dood en ʼn ander kritiek beseer na ʼn botsing reg van voor naby die Hendrina-afrit. Albei die bestuurders van die twee voertuie is opslag dood. ʼn Passasier van een van die voertuie is in ʼn kritieke toestand na die Middelburg-hospitaal geneem.

Die tweede ongeluk het omstreeks 18:00 op die deurpad plaasgevind.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het sowat 12km buite Middelburg plaasgevind. ʼn Toyota Tazz en ʼn swaarvoertuig, wat ʼn vrag staal vervoer het, het ook trompop gebots. “Die Tazz is onder die trok verkrummel. Die bestuurder en ʼn passasier van die Tazz is opslag dood. Hul liggame moes uit die wrak gesny word,” het Jackson gesê.

Die tweede ongeluk

“Hoewel die oorsake van die ongelukke nog nie vasgestel is nie en volledig ondersoek moet word, wil dit voorkom asof dit weens buitengewone weerstoestande veroorsaak is. Dit het onder andere veroorsaak dat die pad vol water en baie glad was,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.