Foto’s: Weerlig tref jagluiperdsentrum in Namibië

Foto: CCF

Foto: CCF

Foto’s volg onderaan die berig. ‘n Groot skoonmaakoperasie is Vrydag by die wêreldbekende Jagluiperdbewaringsfonds-sentrum (CCF) in Otjiwarongo, Namibië, begin nadat ‘n weerligstraal ‘n brand by die sentrum laat ontstaan het.

‘n Buitelandse student het geringe beserings opgedoen, het die CCF in ‘n verklaring gesê. “Geen diere is beseer nie, maar 23 jagluiperds het weggehardloop,” het Patricia Tricorache, assistent-direkteur van die CCF, gesê.

“Te midde van ‘n erge droogte het die weerlig die gebou Woensdag getref en die brand laat ontstaan wat tot middernag gewoed het,” het Tricorache bygevoeg. Werknemers het gesukkel om die brand onder beheer te bring wees die lae watervlakke.

“Die besoekersentrum, insluitend ‘n stoor met opvoedkundige en toerisme-materiaal, is afgebrand.” Die besoekersentrum sluit ’n geskenkwinkel, klaskamers, die Cheetah Café en sy kombuis en personeelwoonstel in.

“Dit is ‘n geweldige verlies,” het dr. Laurie Marker, stigter en uitvoerende direkteur van die CCF, uit Kanada gesê. “CCF is soos my huis en die personeel is soos my familie. Ons is almal baie geskok.”

Die sentrum het egter Donderdag weer besoekers ontvang en sal met sy werk voortgaan ondanks die groot terugslag.

Namibië se jagluiperd-bevolking van 3 000 is die grootste in die wêreld. Sowat 10 000 jagluiperds loop nog wild rond in Afrika.

Die CCF, wat in 1990 op die been gebring is, is ‘n wêreldleier in die bewaring van jagluiperde.

Klik telkens op die foto om ‘n groter weergawe te sien en die skyfievertoning oop te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rudie Thirion ·

Dis jagluiperds en nie jagluiperde nie. ‘n Luiperd is ‘n luiperd en nie ‘n lui perd nie. Die uitspraak van die -perd gedeelte verskil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.