Foto’s: Wegholtrok rol, beland in Kaapstadse skoolgrond

Foto's: ER24

Foto’s: ER24

Drie mans is beseer nadat ʼn vragmotor Woensdag gerol en in ʼn skool se atletiekgronde in Steenburg, Kaapstad, tot stilstand gekom het.

“Reddingswerkers moes die bestuurder van die vragmotor uit die wrak sny,” het Luyanda Majija, ʼn woordvoerder ER24, gesê. Die bestuurder het matige beserings opgedoen en het snymerke aan sy gesig. Hy het geen bene gebreek nie.

“Die passasiers is buite die vragmotor op die grond aangetref. Een van die passasiers het ernstige beserings opgedoen. Al drie die mans is na die Victoria-hospitaal geneem vir verdere behandeling en waarneming.”

Die bestuurder het glo beheer oor die vragmotor verloor. Ooggetuies het gesien hoe die vragmotor na bewering teen ʼn vinnige spoed in Redhamweg afry, voordat dit die pad verlaat en tot in die skoolgronde ingerol het.

Niemand anders is in die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.