Zuma se 67 minute vir die ANC

Hennie Barnard Foto: Helpende Hand

President Jacob Zuma het vandag 15 huise amptelik aan nuwe eienaars oorhandig as deel van die Danville-projek.

Anna Pretorius (29) is een van persone wat ʼn huis ontvang het. Sy het in Mei haar intrek geneem saam met haar twee jong kinders. Voorheen het sy agt maande lank onder swak omstandighede in die Bethlehem-skuiling gebly. “Ek gaan vir die ANC stem, want hulle het dan vir my ʼn huis gegee. Maar ek glo nie my ma gaan vir hulle stem nie,” het Pretorius aan Solidariteit Helpende Hand, wat die geleentheid bygewoon het, gesê. “[By Bethlehem-skuiling] was nie krag nie en net soms warm water. Ons het min kos gekry en baie min vleis. Jy kon die vleis ruik, maar jy’t dit omtrent nooit gesien nie.”

In huis nommer 57 het oom Hennie Barnard (70) trots sy nuwe party se kleure oral in die nuwe huisie uitgestal. Op sy tafel lê ʼn ANC-tafeldoek en teen sy mure pryk ANC-plakkers. Hyself is spesiaal geklee in ʼn ANC-pet met ʼn ANC-plakker op sy bors. En hy het trots vir almal vertel dat hy nou by die ANC gaan aansluit en beslis vir hierdie party gaan stem in die komende verkiesing.

Solidariteit Helpende Hand het voer egter aan die ware rede vir Zuma se oorhandiging van 110 huise aan onder andere die inwoners van die Bethlehem-skuiling in die weste van Pretoria, is om stemme te wen in die komende verkiesing. “Die verkiesingstrategie van ‘gee ʼn huis, wen ʼn stem’ het beslis gewerk,” sê Christine Breet, adjunk-hoof van Solidariteit Helpende Hand. “Armoedeverligting in die vorm van huisvesting is een van die grootste motiveerders om persone te kry om hulle stemme aan ʼn bepaalde politieke party toe te sê. “

Helpende Hand het vroeër die vraag aan Zuma gestel wanneer ander haweloses ook huise sal kry. “Wat van die mense wat in houthuisies agterin mense se erwe bly? Wat van die mense wat noodgedwonge by familie se reeds oorvol huise moet intrek om ʼn dak oor die kop te hê?” het Breet bygevoeg.

Pretorius se ma, Aletta Nienaber (52) het vir 11 maande lank in Bethlehem gebly, ook die vorms ingevul om aansoek te doen vir ʼn nuwe huis, maar nog nie ʼn nuwe huis gekry nie. Nienaber, haar man en hulle twee kleinkinders bly nou ook by Pretorius in haar nuwe huis.

Volgens die behuisingsbeamptes het mense met kinders voorrang geniet. Die feit dat Nienaber na haar twee kleinkinders omsien, het egter nie in haar guns getel nie. Sy het nog geen aanduiding wanneer en of sy ook ʼn huis gaan ontvang nie.

Tydens die oorhandigingsgeleentheid het verskeie mense Helpende Hand genader om te vra hoe hulle ook huise kan kry. “Inwoners uit die omgewing het gekla dat hulle name al jare lank op die lys vir behuising is, maar dat hulle steeds wag. Ander het hulle name wel ingevul, maar daar was nie genoeg vorms vir hulle om te voltooi nie. Hulle wag steeds op die vorms,” het Juanita du Preez, woordvoerder vir Helpende Hand, gesê.

Om Helpende Hand te steun in die stryd om armoede werklik uit te roei, kan jy ʼn SMS met die woord “hand” na 34388 stuur en ʼn agent sal jou skakel om vas te stel hoe jy betrokke wil raak. Elke SMS kos R2.

Foto: @solidaridirk op Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

H J Bester ·

Hierdie klompie arm blankes van Danville, Pretoria was nog altyd met ons en is ‘n groot deel van hul omstandighede aan hulself te wyte – min ambisie, min dryfkrag, min ondernemingsgees baie min selfstrots en daarenteen lui. Baie van hulle leef slegs van aalmoese en is al by verskeie geleenthede in die verlede deur weldoeners gehelp en versorg – egter sonder enige teëprestasie om selfstandig en selfonderhoudend te raak – hulle gee blykbaar nie veel om om versukkeld te wees nie.

Die blankes is tans die prooi van ‘n politieke foefie van Zuma om blanke-steun te werf – sal egter nie veel sukses behaal nie as slegs maar die paar stemme van die paar blankes wie huise gekry nie. Hulle is in elk geval beginselloos en is opregte rugryers – al is die ook van die ANC.

B. Smit ·

HJ Bester, ek stem saam dat armoede in vele gevalle hand-aan-hand gaan met “min ambisie, min dryfkrag, min ondernemingsgees [en] baie min selftrots”. Dit is ook in vele gevalle die mening van mense aan die “buitekant” – mense wat self nooit arm was nie, en nooit nodig gehad het om van aangesig tot aangesig te wees daarmee nie – dat armoede arm mense se eie skuld is.

Die waarheid is dat daar soms wel ambisie is, en dryfkrag en ondernemingsgees, maar ander dinge skort dalk – saadkapitaal, ander geld om die huishouding aan die gang te hou sodat profyt nie daarvoor gebruik hoef te word nie, en miskien net nie altyd genoeg “hustle” nie.

En dan is daar die ander kant van die spektrum: mense wat krities staan teenoor arm mense, maar wat self deksels gelukkig was om in die regte familie en in die regte situasie gebore te word, mense wat self redelik min dryfkrag het, weinig ondernemingsgees, om van “hustle” nie eens te praat nie. Maar omdat hulle geld het ten spyte van hulle eie gebreke, is hulle vol kritiek teenoor ander mense.

Pieter ·

Nee poppie ( Anna Pretorius) dit is ek wat belasting betaal wat jou die huis gegee het.

Mark ·

Let me get this straight? This president idiot, takes houses built with tax payers money, gives them to people (who happen to be European-Africans) under a political parties name, allows the media to publish articles as to how these people will vote for that political party, all in the name of Nelson Mandela: an ethical icon to which we all aspire and to which we spent 67 minutes doing somwething for the benefit of mankind? Just how stupid does this thug think we are……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.