Foute in premier se CV nie ‘doelbewus’

Thandi Modise. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thandi Modise. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thandi Modise, premier van Noordwes, se kantoor sê ʼn opgedateerde profiel is op die regering se webtuiste gelaai nadat ʼn amptelike CV vir Modise talle foute bevat het rakende haar kwalifikasies, berig EWN.

Volgens die premier se kantoor is die aanvanklike inligting nooit met Modise bevestig nie en is dit deel van ʼn smeerveldtog wat daarop gemik is om Modise te diskrediteer. Lesiba Kgwele, Modise se woordvoerder, het aan EWN gesê dat daar geen doelbewuste leuens of valse bewerings in Modise se CV gemaak is nie. Hy sê die aanvanklike profiel is moontlik uit verskeie bronne saamgestel. Die CV het onder meer ʼn hele aantal feitefoute bevat rakende Modise se kwalifikasies.

Modise is tans ook onder skoot oor die aankoop van ʼn motor van R1,3 miljoen vir haar gebruik. Raymond Elisha, LUR vir vervoer in Noordwes, het vroeër bevestig dat die premier ʼn nuwe BMW 750i gekoop het. Elisha sê die premier het geen wette oortree met die aankoop van die motor nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Demokraat ·

Die CV vol foute is deel van ‘n smeerveldtog en die met die aankoop van ‘n nuwe motor is geen wet oortree nie – dis die terugvoer wat gegee is deur ‘n woordvoerder van Premier Thandi Modise se kantoor.

In beide gevalle bewerings wat die wenkbroue laat lig.

Wie laai onakkurate inligting op ‘n regerings-webtuiste – is die persoon aangekeer wie dit gedoen het ?

Was die premier sonder ‘n motor, was daar sekerlik regverdiging vir die aankoop van ‘n nuwe motor. Dis egter nie die geval nie – slegs maar verdere pronkerigheid en ego-streling van die premier – en dit terwyl duisende van haar onderdane in armoede en ellende lewe.

Grassie ·

Agge nee – dink hierdie premier en haar woordvoerder regtig ons is `n klomp idiote? Sy moes daardie CV ingedien het toe sy aansoek gedoen het vir die pos. Sy kan mos nie nou sê dat sy nie bewus was van die “talle foute” omtrent haar kwalifikasies nie. Om te beweer dat dit `n swartsmeerdery is, is loutere twak. Daar behoort `n kriminele ondersoek te wees van bedrog, sy moet van haar pos onthef word en sy moet daardie BMW teruggee. Ek dink amper dit is ook sy wat `n rukkie gelede ongveer R50,000 se kitskos in `n maand se tyd met haar amptelike kredietkaart gekoop het.

Paul Smith ·

Swartsmeerdery? Hahaha. Kyk wie staan agter die deur en soek dan iemand anders daar!!! Ons is nie so onnosel soos hulle dink nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.