Foxon-moord: Ouers gee kind oor

Die ouers van een van die vermeende moordenaars van die bestuurder van die Umbhaba-lodge naby Hazyview in Mpumalanga, Dave Foxon, het hul seun aan die polisie oorhandig.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Leonard Hlathi, sê die 17-jarige seun se ouers het hom gister aan die polisie oorhandig nadat die polisie verskeie kere by die gesin se huis was om na hom te soek. Hlathi het sy dank aan die seun se ouers uitgespreek. “Die polisie doen ʼn beroep op familielede wat saam met misdadigers tuisgaan om in die voetspore te volg van dié gesin, hulle het ʼn goeie voorbeeld gestel.” Die jeugdige sal Vrydag in die Witrivier landdroshof verskyn.

Foxon (43), sy swanger vrou, Bianca, en hul twee klein kinders is voorverlede week Dinsdagaand omstreeks 20:00 deur twee rowers oorval. Die verdagtes het die egpaar glo vasgebind voor hulle die huis geplunder het. Foxon kon glo daarin slaag om homself los te maak voor hy een van die verdagtes gegryp het. Hy is twee keer in sy gesig en een keer in sy been geskiet. Hy is op die toneel dood. Die eerste verdagte, Silindile Mokoena (20), is die aand van die moord in hegtenis geneem. Die ander verdagte, Jonathan Terry (20), is verlede week in hegtenis geneem. Hulle het vandag in die Witrivier landdroshof verskyn en die saak is uitgestel tot 26 April vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.