Frankryk begin met moordondersoek na dood van Arafat

Franse aanklaers het ‘n moordondersoek na die dood van die Palestynse leier, Yasser Arafat begin, aldus die Franse nuusagentskap Sipa, wat ‘n bron by die departement van Justisie aanhaal.

Arafat is in 2004 in ‘n Franse mediese kliniek dood.

Die vet het onlangs in die vuur beland toe die nuusagentskap Al-Jazeera berig het dat  Switserse navorsers klein hoeveelhede radioaktiewe Polonium 210 op voorwerpe gekry het wat aan Arafat behoort het.

Slegs klein hoeveelhede hiervan is nodig om iemand mee te vermoor, en al manier waarop dit vasgestel kan word, is om die liggaam self daarvoor te ondersoek. Polonium het egter ‘n kort halfleeftyd, en dit kan reeds te laat wees.

Arafat was lank een van die bekendste gesigte van internasionale terreur, en was leier van sowel sy eie organisasie, Al Fatah, as die Palestynse sambreelliggaam, die Palestynse Bevrydingsbeweging (PLO). Terwyl Al Fatah as gematigd beskou is, het een van sy splinters, bekend as die Swart September, opspraakwekkende dade van terreur gepleeg, waaronder die slagting van Israelse atlete by die Olimpiese Spele in München. Een van die mees bekende terreurgroepe van die PLO was die Palestynse Bevrydingsfront.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.