Frankryk en Wallis deur na halfeindronde

Frankryk het sy plek in die halfeindronde van die wêreldbeker verseker met ʼn 19-12 oorwinning oor Engeland op Eden Park in Auckland.

Frankryk het teen rustyd met 16-0 voorgeloop na drieë van Vincent Clerc en Maxime Médard. Frankryk het in die 11de minuut van die wedstryd die voortou geneem na ʼn indrukwekkende strafskop van oor die 45 meter deur Dimitri Yachvili. Hy het vier minute later nog ʼn strafskop deur die pale gestuur nadat Engeland se Matt Stevens die skrum laat platval het. Yachvili het die geleentheid gehad om die bal vir ʼn derde keer deur die pale te stuur toe Stevens gestraf is omdat hy die bal vasgehou het. Die poging is egter regs van die pale verby. Ben Foden het sowat 15 minute na rustyd Engeland se eerste punte aangeteken toe hy oor die doellyn geduik het. Johnny Wilkinson het die drie suksesvol verdoel. Francois Trinh-Duc het in die 73ste minuut ʼn strafskop deur die pale gestuur om Frankryk met 19-7 te laat voorloop. Engeland se Mark Cueto het kort voor die einde van die wedstryd oor die doellyn geduik om die telling op 19-12 te staan te bring.

Wallis het op sy beurt die eerste keer in 24 jaar na die halfeindronde van ‘n wêreldbeker deurgedring toe hy Ierland in Wellington met 22-10 geklop het. Wallis het teen rustyd met 10-3 voorgeloop na ʼn drie deur Shane Williams wat deur Rhys Priestland verdoel is. Ierland het die telling kort hierna gelyk gemaak nadat Keith Earls die span se enigste drie vir die wedstryd aangeteken het. Wallis het nog twee drieë gedruk om die telling op 22-10 te staan te bring. Wallis het in 1987 laas na die kwarteindrondte deurgedring.

Suid-Afrika speel Sondag teen Australië om ‘n plek in die halfeindrondte terwyl Nieu-Seeland teen Argentinië te staan kom vir ‘n plek in die halfeindrondte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.