Franschhoek-plaasmoord: Saak verder uitgestel

chanel du toit franschhoek

Chanel du Toit (Foto uit eNuus-video)

Johan du Toit, wat daarvan verdink word dat hy sy vrou in 2010 in hul kothuis op die Dieu Donné-wynlandgoed in Franschhoek verwurg het, het Donderdag weer in die Paarl-streekshof verskyn, het The Cape Argus Vrydag berig.

Du Toit pleit onskuldig op ʼn aanklag van moord op sy vrou Chanel op 6 Julie, 2010.

Volgens die berig het Deidre Abrahams, ʼn forensiese patoloog, Donderdag in die hof getuig. Aldus Abrahams het Chanel omtrent drie minute lank met haar aanvaller geworstel voor sy dood is. Sy is die aand omstreeks 20:00 dood.

Staatsaanklaer Enslin Orange het gesê kol. Mike Barkhuizen gaan binnekort getuig dat kringtelevisiebeeldmateriaal wys dat die beskuldigde die wynlandgoed omtrent 02:02 op 7 Julie, 2010 verlaat het.

Die saak is tot 22 November uitgestel. Du Toit se borg van R6 000 is verleng.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.