Franse gyselaars: Losprys van €20 miljoen glo betaal

V.l.n.r. en van bo na onder Daniel Larribe, Marc Feret, Thierry Dol en Pierre Legrand

V.l.n.r. en van bo na onder Daniel Larribe, Marc Feret, Thierry Dol en Pierre Legrand

ʼn Losprys van minstens €20 miljoen (sowat R270 miljoen) is glo betaal om vier Franse burgers, wat deur Al-Kaïda gyselaar gehou is, vry te laat, het ʼn bron Woensdag gesê.

“Tussen €20 en €25 miljoen is betaal om die vrylating te verseker,” het ʼn bron naby aan die Nigerese-onderhandelingspan, gesê. Die geld is glo aan die ontvoerders en tussengangers, wat ʼn sleutelrol gespeel het, oorbetaal.

Pierre Legrand, Thierry Dol, Daniel Larribe en Marc Feret is in September 2010 in die noorde van Niger ontvoer deur Al-Kaïda en Dinsdag vrygelaat.

Laurent Fabius, minister van buitelandse sake in Frankryk, het ontken dat enige losprys betaal is. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.