Franse wil Rooibos eien

Rooibos-verskaffers is besig met planne om die naam van dié plaaslike tee te beskerm nadat ʼn Franse maatskappy aansoek gedoen het vir die eksklusiewe gebruik van die handelsnaam in hul land.

Soekie Snyman, koördineerder van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad, het aan die Cape Times gesê hulle gaan binne die volgende twee weke aansoek doen by die Maatskappye en Intellektuele Eiendomskommissie om “rooibos” in Suid-Afrika te sertifiseer.

Dit sal die Suid-Afrikaanse regering help om die handelsnaam vir Rooibos in Europa te verkry. Nagenoeg 70% van die rooibos wat uitgevoer word, word verskaf aan Europa. Die meeste daarvan word verskaf aan Brittanje, Duitsland en Nederland.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.