Fransman byna deur groep aangerand

Marius Fransman

Marius Fransman, die leier van die ANC in die Wes-Kaap, het ʼn noue ontkoming gehad nadat ʼn groep mense hom glo wou aanrand ná ʼn streeksvergadering in Oudtshoorn.

Die vergadering is Dinsdagaand by Oudtshoorn se munisipale gebou gehou, het die Cape Times Donderdag berig.

Fransman het sy mandaat bespreek oor watter stappe gedoen gaan word om stabiliteit in die dorp te bring. Hy sê terwyl hy sy bekommernis uitgespreek het oor sekere aanstellings in die plaaslike raad, het hy sekere besluite gemaak wat van die inwoners ontstel het.

“ʼn Groep van 50 mense, laat ek hulle eerder skurke noem, het omstreeks 21:00 buite die gebou begin saamdrom. Hulle het die vensters stukkend gegooi en probeer om toegang tot die gebou te bekom,” het Fransman aan die koerant gesê.
“Toe ek na sowat ʼn uur buite toe gaan het vier mans my bestorm, maar my veiligheidswagte het hulle afgeweer.” Fransman is na sy voertuig geneem en uit die dorp begelei.

Vier mense is in hegtenis geneem, waaronder ʼn joernalis van Die Son, Hein Coetzee. Coetzee beweer die polisie het hom en die betogers aangerand. Hy het na bewering ʼn polisiebeampte afgeneem wat ʼn betoger aangerand het, waarna die beampte op hom toegeslaan het.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.