Fred van der Vyver wen eis teen polisie

Fred van der Vyver buite die Kaapse Hooggeregshof verlede jaar. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Fred van der Vyver sal moontlik eers volgende jaar weet hoeveel die staat hom moet betaal, aangesien ʼn nuwe verhoordatum na verwagting eers vir dan vasgestel sal word.

Regter Anton Veldhuizen het Maandagoggend in die Wes-Kaapse hooggeregshof beslis dat die staat alle koste, insluitend kenners en advokate wat deel gehad het in die saak, moet betaal. Van der Vyver het die minister van polisie vir sowat R46 miljoen gedagvaar vir kwaadwillige vervolging nadat hy aangekla is van die moord op sy vriendin, Inge Lotz, en onskuldig bevind is. Lotz is in 2005 in haar woonstel in Stellenbosch vermoor. Van der Vyver is kort hierna in hegtenis geneem en is in 2007 onskuldig bevind. Van der Vyver se regsverteenwoordiger, adv. Dup de Bruyn het na Maandagoggend se uitspraak gesê dit was ʼn ses jaar lange “oorlog”. Van der Vyver se gesin het hande geklap en die trane probeer terughou tydens die uitspraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.