JONGSTE: Fredi Nest het op 3 Julie 2015 sy stryd teen kanker verloor. Klik hier om meer te lees. Ons innige meegevoel aan sy familie, naasbestaandes, vriende en ondersteuners. – Red
Die sanger Fredi Nest is in ʼn stabiele toestand in ʼn Pretoriase hospitaal nadat hy Maandagoggend twee hartaanvalle gehad het.
Wendy van Niekerk, ʼn woordvoerder van Select Musiek, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig Fredi het gisteroggend by sy huis in Pretoria ineengestort.
“Hy het gisteroggend nie goed gevoel nie. Maar hy is ʼn harde werker en het voort gegaan met sy daaglikse take,” het Van Niekerk gesê. “Hy het later die oggend ineengestort en is na ʼn dokter geneem. Die dokter het toetse gedoen wat gewys het dat hy het ʼn hartaanval gehad het. Hy is na ʼn hospitaal gehaas en terwyl hy in die ontvangsarea was, het hy weer ʼn aanval gekry.”
Van Niekerk sê Fredi is in ʼn stabiele toestand en dat sy dokters besig is om volledige toetse te doen.
Ons is jammer om van Freddie se toestand te verneem. Freddie jy is in ons gebede!
Sterkte, Freddie. Hoop jy sal gou herstel. Bid vir jou.
alles vani beste
Sterkte aan sy Famielie Freddie ek hoop jy word gou beter.
Sterkte aan hom en sy familie.
Sterkte mag jy mooi regkom
Sterkte Fredi,ons bid vir jou vat dit ‘n bietjie meer kalm ek weet it is moeilik as ‘n mens gewoond is aan har werk……
STERKTE, MAG JY REGTIG GESOND WORD, ONS WIL WEER JOU CD KOOP!
STERKTE FREDDIE, JY IS IN ONS HARTE! ERMELOERS
Sterkte Freddie Die Here sal jou hierdeur dra word gou gesond en maak nog tonne CD’s xxx
Hi Fredi, baie mense bid vir jou en dit wys net dat jy ‘n awesome mens is. Sterkte vir jou en jou gesin in hierdie tyd. Mag Jesus se genesing joune wees vir nou en vir nog baie lank. Glo my, Hy kan jou genees, Hy’t my twee keer genees van ernstige siekte, glo en vertrou Hom net. En as jy gebed nodig het, skree net, ek bly naby aan jou. Ons Afrikaners is lief vir jou!
Dink aan jou en bid vir jou. God weet die beste. Jy sal moet gesond raak ons soek nog baie liedjies van jou en die trekker wat jy in Upington gesoek het …. laat weet.
Hi Fredi ons dink aan jou en jou gesin en familie en mag God se geneësende hand jou aan raak en totaal genees. Ons bestraf die werke van die bose in Jesus Naam, want deur SY wonde het daar vir ons genesing gekom.
Fredi, jong dis van al daardie OGIES MAAK !!, nee ek wil net jou luim bietjie ligter maak, ek dink aan julle, sal bid sonder ophou dat jy gou weer op die been en gesond is. Sterkte aan die familie, Fredi, GLO en VERTROU, die Here laat nooit SY kinders in die steek nie.