Fukushima: Nog ‘n paar jaar voor inwoners kan terugkeer

Argieffoto

Argieffoto

Die skoonmaakproses in sommige van die dorpe rondom Fukushima wat die hoogste vlakke van radiasie getoon het, is nie op skedule nie en inwoners sal nog ʼn paar jaar moet wag voordat hulle kan terugkeer.

Beamptes van die ministerie van omgewingsake het Maandag gesê hulle hersien die skedule vir die ses munisipaliteite. Die oorspronklike sperdatum was Maart 2014.

ʼn Span van die International Atomic Energy Agency het ook pas ʼn week lank in Kawauchi spandeer om die vordering van die skoonmaakproses na te gaan. Kawauchi se radiasievlakke was laer en die ontruimingsbevel in dié gemeenskap is vroeër vanjaar gekanselleer.

Die regering hoop om die gemeenskappe weer rondom die aanleg te vestig, maar kos- en werksekuriteit bly ʼn uitdaging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.