FW de Klerk-stigting kap Tutu oor welvaartsbelasting op wittes

Die FW de Klerk-stigting het skerp reageer op berigte dat emeritus aartsbiskop Desmond Tutu gesê het dat wit mense self moet agiteer vir die instel van ʼn sogenaamde “welvaartsbelasting” op hulle.

Tutu het die uitlatings gemaak tydens ʼn boek-bekendstelling op Stellenbosch. Tutu het gesê hoewel vandag se wit bevolking nie noodwendig by segregasie betrokke was nie, trek hulle steeds vandag voordeel. Die FW de Klerk-stigting sê Tutu het talle probleme wat vandag in Suid-Afrika ondervind word soos misdaad, padsterftes en dies meer voor die deur van Apartheid gelê, en in effek voor die deur van wit mense. Die stigting meen dit sal ongrondwetlik wees om welvaartsbelasting op slegs een van Suid-Afrika se rassegroepe af te dwing. Die stigting meen dit sal rasse klassifikasie en ander afbrekende onderskeidings wat met Apartheid verbind was tot gevolg hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Propatria ·

Dit is nou asof AA en BEE nie ook rasseskeiding is nie? Het FW dit dalk gemis?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.