FW de Klerk “verdedig en regverdig” apartheid

Oud pres. FW de Klerk

Voormalige president FW de Klerk het Donderdagaand ʼn oproer op sosiale netwerke veroorsaak na omstrede uitlatings wat hy tydens ʼn onderhoud met CNN gemaak het.

De Klerk het tydens ʼn onderhoud met Christiane Amanpour by ʼn kongres vir Nobelpryswenners in Chicago sy “geskiedkundige antagonisme”, huidige vriendskap met Nelson Mandela, die mislukte apartheidstelsel en die tekortkominge van die huidige regering bespreek.

In antwoord op die vraag of hy apartheid “moreel afstootlik” vind, het hy gesê: “Sover dit menseregte onderdruk het, is en bly dit moreel onverdedigbaar.” Dit het egter toe geblyk of De Klerk die stelsel wou verdedig: “Maar die konsep van gee, soos die Tsjegge nou doen, en die Slowake dit doen, wat bepaal dat etniese eenheid deur een kultuur met een taal [almal] gelukkig kan maak en hul demokratiese verwagtinge in een staat kan vervul, dít is nie afstootlik nie.”

Hy ontken dat swart mense in die tuislande benadeel is. “Hulle is nie benadeel nie, hulle kon stem. Hulle is nie in tuislande geplaas nie, geskiedkundig was die tuislande reeds daar.

“As die ontwikkelde wêreld maar soveel geld in Afrika, wat met armoede sukkel, belê het soos wat ons in die tuislande gedoen het. Hoeveel universiteite is gebou? Hoeveel skole? In daardie stadium was die doel apart maar gelyk, maar ‘apart maar gelyk’ het gefaal.” De Klerk sê hy het later ʼn “bekeerling” teen die stelsel geword.

Oor die stand van demokrasie in Suid-Afrika vandag, het De Klerk gesê: “Ek is oortuig dat dit ʼn standvastige demokrasie is en dat dit só sal bly, maar dit is nie ʼn gesonde demokrasie nie.” Hy het ook gesê die ANC-alliansie moet opbreek, aangesien dit nie vir een party “gesond” is om die land se politieke landskap só te domineer nie.

In reaksie oor aartsbiskop emeritus Desmond Tutu se voorstel dat wit mense ʼn spesiale “rykmansbelasting” moet betaal, het hy gesê wit Suid-Afrikaners betaal belasting soortgelyk aan die belasting wat ryk mense in ander lande betaal. Hy sê mense gee nie om om belasting te betaal nie, maar dat hulle beswaar sal maak wanneer belastinggeld wanbestee word.

Die kommentaar het ʼn herrie op sosiale netwerke veroorsaak en Twitter is deur klagtes oorstroom. “FW de Klerk moet die Nobelprys vir Vrede teruggee,” het @BrickTopNoir geskryf en @Nqubi het gesê “Dit is waar vergewensgesindheid jou kry”. Die radio-omroeper @RediTlhabi het geskryf: “Kan nie slaap ná FW de Klerk se onderhoud op CNN nie. Om tot 10 te tel help nie. Om apartheid in 2012 te probeer regverdig? En blykbaar was tuislande wonderlik!”

Die onderhoud sal Vrydag om 11:00 op CNN herhaal word.

De Klerk se kommentaar kom ná die ANC die afgelope week met Afrikaner-groepe vergader het. Die nasionale uitvoerende komitee sal volgende week vergader om te besluit of ʼn “koördinerende kantoor” opgerig moet word om die regering meer toeganklik vir minderheidsgroepe te maak. Volgens woordvoerder Jackson Mthembu, spruit dié voorstel uit die Afrikaanse dialoog-vergadering wat Dinsdag gehou is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mike ·

Hoe sê die spreekwoord “wysheid kom met die grysheid” Vandag glo FW de Klerk nie meer aan sy eie maaksel wat hy met die ANC sogenaamd “onderhandel” het nie. Ek plaas onderhandel in hakies want as jy onderhandel stap jy tog nie met niks van die onderhandelings tafel weg nie.

Apartheid word verbind met geweld en onderdrukking maar dit is nie wat dit beteken nie, die ANC het die woordjie gevat en sy betekenis verander na hoe dit hulle pas. Hierdie is ook ‘n bewys van hoe effektief die ANC die buiteland beinvloed het met die konnotasie wat hulle apartheid gegee het. Die buiteland sal net met afrikaner leiers wat hulle satndpunt kan verdedig beinvloed kan word, ander sal hulle die woordjie apartheid altyd teen die afrikaner gebruik.

Polonius ·

@Puleng M.

History has shown that injustice and half truths breeds contempt and frustration. The Peace of Versailles and the Second World War is a point of fact. The half truths and conjured perceptions led many German Nationalists into the fold of Nazism. If you don’t have hope the alternative is to ghastly to contemplate.
Why is it that Sol Plaatje, secretary of the SANNC, did not protest to the equal distribution of land and power? Though he felt that the tempo of distribution and allocated land was not sufficient. But 24 million hectares later and 1000’s of millions from the pockets of Afrikaners the ANC continued with it’s People’s War; its Quatro camp, the murder of Inkatha leaders and other opponents (Vietnam style); the strategy of the ANC (socialist/Marxist/Communist/Africanist?)was not and is not above board.
Instead of acknowledging the Afrikaner people’s rights and efforts and disregarding every article of international law/article regarding self-determination the ANC is destroying my culture, language, ethnicity. For example: It’s with sadness and anger that I traveled to my office in Pretoria city center. A diagonal red tape has wiped out my history, Voortrekker Street, Schoeman, Church street has been renamed; my history, my identity are systematically destroyed, altered. There can be no peace without truth. These actions are nothing more but cultural genocide and while third generation rights are acknowledge in Europe, the Sudan and elsewher – the American people and the West looks on, unmoved by a small nation’s struggle to hold what it deems dear.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.