Die man van Durban wat daarvan verdink word dat hy sy vrou en twee tienerkinders met ʼn tradisionele Hindoe-voorwerp doodgeslaan het, gaan na verwagting Dinsdag in die Chatsworth-landdroshof verskyn wanneer sy borgtogaansoek hervat.
Rajan Kandasamy (44) het glo ʼn gada, ʼn tradisionele ampstaf van die Hindoe-god Hanuman, gebruik om sy vrou en twee kinders, onderskeidelik 17 en 18 jaar oud, te vermoor.
Hul bebloede liggame is op 29 Desember opgespoor nadat ondersoek ingestel is toe die gesin nie ʼn herdenkingsdiens bygewoon het nie. Die beskuldigde se familie het hom op Oujaarsaand aan die polisie oorgegee.
Kandasamy se borgtogverhoor is verlede Vrydag uitgestel omdat Kandasamy vir sielkundige evaluasie gestuur is.
Lees ook:
Gada-saak uitgestel vir sielkundige ondersoek
Man in hof wat glo vrou, kinders met Hindu-voorwerp vermoor
Ma, kinders met “religieuse voorwerp” doodgeslaan