Gaddafi-miljarde in Suid-Afrika

Muammar Gaddafi

Bates ter waarde van miljarde rande wat aan die Libiese diktator Muammar Gaddafi behoort het, word glo by Suid-Afrikaanse banke gehou, berig Sunday Times.

“Die Nasionale Tesourie is genader deur ‘n groep wat beweer hulle verteenwoordig die Libiese regering,” het Jabulani Sikhakhane, woordvoerder van die minister van finansies, aan die koerant gesê. Ondersoekbeamptes van Libië het glo bewyse opgespoor dat meer as R10 miljard in kontant, goud en diamante deur vier Suid-Afrikaanse banke en twee sekuriteitsmaatskappye gehou word. “Ons is tans besig om die groep se eis te verifieer,” het Sikhakhane gesê.

Salah Marghani, beampte van die Libiese ambassade, het aan die Sunday Times gesê ondersoekbeamptes is “aangestel om, namens die mense van Libië, bates in Afrika se ondersoek en te verseker”.

Die Sunday Times het uittreksels van briewe van Libië se ministers van justisie en finansies aan hul Suid-Afrikaanse eweknieë publiseer, en hulp gevra om Gaddafi se bates op te spoor wat moontlik “onwettig in besit geneem, bekom, geplunder, gedeponeer of weggesteek is in Suid-Afrika”.

Gaddafi is in 2011 tereggestel ná ‘n politieke oplewing in Libië.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.